|
Die Groot Trek |
www.boerafrikana.com: Tuisblad > Die Groot Trek |
Vryburgers vestig in die binneland en platteland as landbouers en boere (nie die Groot Trek nie)
Kaart van Die Groot Trek
Pierneef Skildery voorstelling van die Groot Trek.
Piet Retief Roetes
Louis Trichardt Roetes
Dorsland Trekkers
Oor die Drakensberg na die Beloofde Land Huisgenoot Gedenkuitgawe Desember 1938 | DIE Groot Trek. Ongeveer 10,000 to 12,000 settlaars van Europese herkoms, hoofsaaklik Nederlands en Protestante, maar ook Frans en Duits, wat van die Kaapse Oosgrens wat met ossewaens die trekpad noordwaarts gekies het vanaf 1834 - 1836 in verskeie trekgroepe. Hierdie inwoners was reeds ver (etlike honderde myl) van Kaapstad af en het onafhanklik gelewe en geboer as Vryburgers in die platteland, honderde my van die Kaapse regering, eers Nederlands (sien Geskiedenis Tydslyn) en daarna Brits. Net die nodigste kon saamgeneem word. Baie wat vir hulle dierbaar was, moes hulle agterlaat. Oor berge en deur riviere het die wawiele geknars na wat sekere landsverhuisers romanties as die "Beloofde Land" beskou het.
Die werklikheid was dikwels veel minder romanties. Dit het selfs honderde se dood gekos. Maar hoeveel anders Suid-Afrika vandag sou gelyk het as daar geen Groot Trek was nie, kan geen mens hom werklik indink nie. Daarvoor lê die spore van hierdie ou pioniers eenvoudig te diep in ons geskiedenis ingegrif.
Die Groot Trek was 'n proses waartydens duisende nie-Britse Europese setlaars wat in die Kaapkolonie gewoon het, opwaarts na die noordelike dele van Suid-Afrika getrek het as gevolg van swak toestande en onderdrukking deur die Britse regering. Kaart van die Groot Trek met erkenning aan Wikipedia.org http://creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0/ Voorspel tot die Groot TrekIn 1652 is 'n Nederlandse nedersetting aan die Kaap gestig as 'n halfwegstasie vir handelskepe tussen Europa en die Ooste. Namate die bevolking van daar uitgebrei het, was daar 'n toenemende ontevredenheid met die landsbestuur. Op soek na weiveld vir hul vee, het die Koloniste ooswaarts oor die grens van die Kaapkolonie uitgewyk. Die Kaapse regering het telkens die grens verskuif om hierdie mense weer in te sluit. Op hierdie wyse is die kolonisering uitgebrei totdat die Groot-Visrivier, byna 1200 km vanaf Kaapstad, teen die einde van die 18de eeu bereik is. Daar het die Koloniste die Oosgrensboere die Xhosa-mense teëgekom. Mettertyd het groot wrywing tussen die Oosgrensboere en die Xhosa ontstaan. Aan die begin van die 19de eeu is die Kaap deur Brittanje verower. Vir die pioniers op die Oosgrens het dit geen verbetering van lewensomstandighede meegebring nie. Toestande het eerder verswak omdat die regering aan die Kaap geen begrip van die Oosgrensboere se probleme gehad het nie. Omstandighede aan die Oosgrens het vir die pioniers onuithoudbaar geword. Op stoflike gebied het hulle met 'n gebrek aan grond, kapitaal en arbeid en 'n algehele onsekerheid van bestaan te kampe gehad. Hulle het 'n groot onafhanklikheidsgevoel ontwikkel en 'n gebrek aan selfregering het hulle gegrief. Die Oosgrensboere was veral afstammelinge van Nederlanders (hoofsaaklik vanuit Holland), Duitsers en Franse, en was saamgebind deur 'n gemeenskaplike taal wat later Afrikaans sou word. 'n Behoefte het by die pioniers ontstaan om 'n ver land buite bereik van die Kaapse regering te vind en daar in vrede en vryheid te woon. Ná baie deeglike oorweging en beplanning het die pioniers besluit om hul huise en plase te verlaat en met waens na die binneland te trek. Vanaf 1835 het afsonderlike groepe begin om die binneland in te trek. Terugskouend oor hierdie gebeure is dié emigrante deur hul nageslagte "Voortrekkers" genoem. In die Voortrekkermonument word die leefwyse en lotgevalle van die Voortrekkers op die historiese fries uitgebeeld.
http://creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0/
Die Oorsake van die Groot Trek
Oor die presiese redes waarom die Afrikaner-Boere besluit het om die Britse juk af te werp, is daar nie eenstemmigheid onder al die geskiedkundiges nie. Die tradisionele siening is dat die grensboere se griewe, wat oor die jare heen opgebou het, gesetel het in hul gevoel dat hul selfstandige geestelike bestaan bedreig is deur ’n doelbewuste verengelsingsbeleid en hul stoflike bestaan deur ’n reeks verwoestende grensoorloë teen die Xhosa. Daarom sou die grensboere onder die Britse gesag uittrek om in die binneland ’n onafhanklike staat volgens eie aspirasies in die lewe te roep. Die Slagtersnek rebellie word as een van die oorsake beskou. Verskeie trekgroepe het by verskillende geleenthede die Kolonie verlaat. Die eerste, in 1833, was dié van Louis Trichardt en Johannes Hendrik Janse van Rensburg ("Lang Hans"). Daarna het die trek van Andries Hendrik Potgieter gevolg, by wie die vroom geestelike leier Sarel Arnoldus Cilliers hom aangesluit het. Met die aankoms van die trek van Gerhardus (Gert) Marthinus Maritz word die eerste Voortrekkerbestuursreëling by Thaba Nchu getref (Desember 1836) en daarna word ’n strafekspedisie teen Umziligazi (of Moslekatse of Silkaats), grondlegger van die Matabele-volk, by Mosega onderneem. Toe die trek van Piet Retief in die binneland aankom, word Retief deur die trekkers tot goewerneur verkies (April 1837). Soos so dikwels in die verlede, en tot vandag toe, het onderlinge leierstwiste die Afrikaner ook tydens die Groot Trek verdeel. Onenigheid ontstaan naamlik oor waar die Trekkerstaat uiteindelik opgerig moet word. Retief en sy volgelinge besluit om Natal toe te gaan, waar hy van die Zoeloe-koning Dingaan ’n woongebied ruil. Maar op 6 Februarie 1838 word Retief met sewentig manskappe en ’n groot getal agterryers met sy tweede besoek aan Dingaan om die lewe gebring. Potgieter verlaat Natal, ruil grond in die latere Vrystaat, maar gaan vestig hom uiteindelik in Ohrigstad (noord van Lydenburg en Pelgrimsrus, Transvaal) en nog later by Soutpansberg. Die Republiek Natalia, wat intussen uitgeroep is, sluit in 1840 ’n verbintenis met die trekkers wat by Winburg en Potchefstroom ook ’n eie bestuur in die lewe geroep het. In 1842 word die Republiek Natalia deur Britse troepe beset en in 1843 finaal geannekseer. Baie trekkers trek hierna weer oor die Drakensberg om hulle vry van Britse oorheersing op die Hoëveld te gaan vestig. Teks met erkenning aan www.mieliestronk.com/ History As the first anti-colonialist drive began under the Dutch colony in the Cape, so did the most zealous "Boers" (the word originally means a farmer) begin to move away from the Cape in search of freedom and independence. These people were continually moving further and further away from the Cape and eventually met the first great Nguni migrations - the Xhosa people - who were moving South at the same time. This meeting took place in what is today known as the Eastern Cape. As the two great migrations - Boer and Xhosa - met at the Fish River in the Eastern Cape, so did these two migrations stop for a while. In the interim however, the British Empire occupied the Cape Colony, and the Boers, who had sacrificed so much to escape their White colonial Dutch masters, once again found themselves under White British rule. It was from the Eastern Cape that the first of what has become known as the Great Trek movements started. This Great Trek was in fact the migration of the Boer people away from the British Empire - proof yet again that the first anti-colonial movement in Africa was a Boer movement - an indigenous people trying to escape colonization by an European power. In many ways this of course mirrored events in North America. The main cause of the Great Trek was the British colonial masters trying to colonize the Boers of the Cape frontiers. There were other smaller factors, but it can be said in summation that it was the Boers' desire to be free and independent of colonial rule which caused the Great Trek. It is of crucial importance to note that whenever reference is made to the Great Trek, history writers always refer to the "Boers" who took part in the great Trek. There was no "Afrikaner" Great Trek, and there were no "Afrikaner" Great Trek Leaders, just Boer Great Trek leaders. This is an indication that at this stage already the Boers had developed an identity of their own, as distinct from the Cape Dutch and English settlers of the Cape. The independence minded Boers packed up their belongings and headed north - into what today is known as the Orange Free State, Transvaal and into Natal. Veldslae: Van Rensburg Trek uitgewis Julie 1836 Aanval op die Liebenbergs 25 Augusts 1836 Vaalrivierslag 16 Oktober 1836 Die Slag by Vegkop (16 Oktober 1836)
Ons land is vol Monumente en gedenktekens wat met die Groot Trek verband hou. Hieronder is ‘n lys van die Monumente.
[As 'n blad vir enige van hierdie monumente bestaan sal ons met graagte op 'n wederkerige basis 'n skakel na daardie blad hier byvoeg]
|