![]() |
Afrikaanse Taalbeweging |
www.boerafrikana.com: Tuisblad > |
Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Kaap | Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Kaap | Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Kaap |
![]() |
||
Foto: John Steedman, Flickr, 2009 | Foto: John Steedman, Flickr, 2009 | Foto: John Steedman, Flickr, 2009 |
Die Afrikaanse Taalmonument is 'n monument wat aan die Afrikaanse taal gewy is. Hierdie monument staan ook bekend as die Tweede Taalmonument. Die Eerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893. Die Tweede Taalmonument is gebou op 'n heuwel bokant die Paarl in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Die monument is in 1975 voltooi om die halfeeu te gedenk van die amptelike erkenning van Afrikaans as 'n selfstandige taal afsonderlik van Nederlands. Die monument bestaan uit verskillende groter wordende strukture van 'n konvekse en konkawe aard, wat die invloede van verskillende ander tale en kulture, asook politieke ontwikkelings in Suid-Afrika, op Afrikaans simboliseer:
Op 'n groot inskripsie by die ingang, is twee sitate van vooraanstaande digters/skrywers in die Afrikaanse taal gebeitel:
Die sin "DIT IS ONS ERNS" staan op die pad na die monument. Dit is woorde wat beroemd geword het in die stryd om die erkenning van Afrikaans. Dit was eers net ’n Kaapse stryd, maar in April 1905 begin dit ook in die destydse Transvaal, toe Gustav Preller sy reeks artikels Laat 't Ons Toch Ernst Wezen in De Volkstem publiseer en met onverbiddelike logika al die argumente van die teenstanders ontsenu. Later sou dr. D.F. Malan dan ook uitroep: "Dit is ons Ernst!" Die teks is beskikbaar onder die Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel lisensie. Dit is moontlik dat aanvullende voorwaardes van toepassing is. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. http://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaanse_Taalmonument
|
||
Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Kaap | Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Kaap | Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Kaap |
![]() |
![]() |
|
Foto: John Steedman, Flickr, 2009 | Foto: John Steedman, Flickr, 2009 | Foto: Wikimedia Commons |
Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Kaap | Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Kaap | |
![]() |
||
Foto: Wikimedia Commons | Foto: Wikimedia Commons | |