Die Groot Trek

Die Groot Trek

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Die Groot Trek

Vryburgers Trek na die binneland

Groottrek oorsprong

Kaart van Die Groot Trek

Groot Trek Roetes

 

Pierneef Skildery voorstelling van die Groot Trek.

Met erkenning aan die Huisgenoot Gedenkuitgawe Desember 1938

 

Piet Retief Roetes

 

Louis Trichardt Roetes

 

Dorsland Trekkers

 

Oor die Drakensberg na die Beloofde Land

Huisgenoot Gedenkuitgawe Desember 1938

DIE Groot Trek, word dit genoem... duisende Boere van die Kaapse oosgrens wat met ossewaens die trekpad noordwaarts gekies het. Net die nodigste kon saamgeneem word. Baie wat vir hulle dierbaar was, moes hulle agterlaat. Oor berge en deur riviere het die wawiele geknars na wat sekere landsverhuisers romanties as die "Beloofde Land" beskou het.

Die werklikheid was dikwels veel minder romanties. Dit het selfs honderde se dood gekos. Maar hoeveel anders Suid-Afrika vandag sou gelyk het as daar geen Groot Trek was nie, kan geen mens hom werklik indink nie. Daarvoor lê die spore van hierdie ou pioniers eenvoudig te diep in ons geskiedenis ingegrif.

Soos ’n Afrikaner-geskiedkundige sê: "Alle Afrikaanssprekendes wat nog hul Afrikanerskap in ere hou, sal nie kan vergeet hoe hul volk sy eintlike beslag in die Groot Trek gekry het nie."

Die Groot Trek word saaklik beskryf as die georganiseerde verhuising van tussen tien- en twaalfduisend Afrikaners in die jare dertig van die 1800’s uit die oosgrensdistrikte van die destydse Kaapkolonie na die binneland. Hulle sou later die Voortrekkers genoem word.

Die Kaap was sedert 1806 onder Britse beheer. Na die noorde is Suid-Afrika deur verskillende swart stamme bewoon, nie die minste nie die Zoeloes in die teenswoordige KwaZulu-Natal, wat deur die toedoen van hul koning Chaka in ’n magtige ryk verenig is. Die oosgrensdistrikte was die distrikte van Graaff-Reinet, Uitenhage, Somerset-Oos, Tarka, Grahamstad, Cradock en Colesberg.

Oor die presiese redes waarom die Afrikaner-Boere besluit het om die Britse juk af te werp, is daar nie eenstemmigheid onder al die geskiedkundiges nie. Die tradisionele siening is dat die grensboere se griewe, wat oor die jare heen opgebou het, gesetel het in hul gevoel dat hul selfstandige geestelike bestaan bedreig is deur ’n doelbewuste verengelsingsbeleid en hul stoflike bestaan deur ’n reeks verwoestende grensoorloë teen die Xhosa. Daarom sou die grensboere onder die Britse gesag uittrek om in die binne­land ’n onafhanklike staat volgens eie aspirasies in die lewe te roep.

Hulle het egter nie net skielik opgepak en getrek nie. Die verhuising is voorafgegaan deur voorbereiding en beplanning, onder meer deur die sogenaamde Kommissietrekke. Drie kommissies is uitgestuur om die binneland te verken en ’n geskikte woongebied uit te soek -- een verkenningstog na Natal, ’n ander tot aan Soutpansberg en ’n derde deur Boesmanland tot êrens in Damaraland. Oor hierdie verkenners se verslae is weinig bekend, maar hul bevindings moet bepaald ’n rol gespeel om die trekkers te laat besluit watter roetes die wenslikste was.

Verskeie trekgroepe het by verskillende geleenthede die Kolonie verlaat. Die eerste, in 1833, was dié van Louis Trichardt en Johannes Hendrik Janse van Rensburg ("Lang Hans"). Daarna het die trek van Andries Hendrik Potgieter gevolg, by wie die vroom geestelike leier Sarel Arnoldus Cilliers hom aangesluit het.

Potgieter reis na die Soutpansberg om met Trichardt in aanraking te kom, maar intussen word sy mense by die Vaalrivier aangeval. Daarna word die Matebele deur die trekkers by Vegkop gestuit (Oktober 1836). Die Van Rensburg-trek word egter in Junie 1836 uitgemoor en Trichardt bereik in April 1838 Delagoabaai ná veel ontberinge.

Met die aankoms van die trek van Gerhardus (Gert) Marthinus Maritz word die eerste Voortrekkerbestuursreëling by Thaba Nchu getref (Desember 1836) en daarna word ’n strafekspedisie teen Umziligazi (of Moslekatse of Silkaats), grondlegger van die Matabele-volk, by Mosega onderneem. Toe die trek van Piet Retief in die binneland aankom, word Retief deur die trekkers tot goewerneur verkies (April 1837).

Intussen kom ook die trek van Pieter Lafras Uys aan, en saam met Potgieter word ’n tweede ekpedisie onderneem teen Umziligazi, wat oor die Limpopo gedryf word. Die gevoel sou ontstaan dat die wêreld oorkant die Vaal met hierdie oorwinning "vir die beskawing verseker is".

Soos so dikwels in die verlede, en tot vandag toe, het onderlinge leierstwiste die Afrikaner ook tydens die Groot Trek verdeel. Onenigheid ontstaan naamlik oor waar die Trekkerstaat uiteindelik opgerig moet word. Retief en sy volgelinge besluit om Natal toe te gaan, waar hy van die Zoeloe-koning Dingaan ’n woon­gebied ruil. Maar op 6 Februarie 1838 word Retief met sewentig manskappe en ’n groot getal agterryers met sy tweede besoek aan Dingaan om die lewe gebring.

Hierna val die Zoeloe-impi’s die laers langs die Bloukrans- en Boesmansrivier aan en dood ongeveer 350 van die trekkers. Potgieter en Uys kom hul medetrekkers te hulp, maar word by Italeni in ’n hinderlaag gelok waar Uys en andere die lewe inskiet (April 1838).

Potgieter verlaat Natal, ruil grond in die latere Vrystaat, maar gaan vestig hom uiteindelik in Ohrigstad en nog later by Soutpansberg.

’n Tweede Zoeloe-aanval word in Natal afgeweer, en ná Maritz se sterfte word die grensboer Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius deur Sarel Cilliers versoek om na Natal te kom om die trekkers te lei. Pretorius word tot kommandant-generaal gekies om ’n strafekspedisie teen Dingaan te lei, wat uitloop op die trekkeroorwinning in die Slag by Bloedrivier op 16 Desember 1838. In 1840 word ’n tweede ekspedisie, die Beestehaal-kommando, uitgestuur en Panda tot koning van die Zoeloes verhef. (Terloops, Pretorius sou in Afrikanergeledere as ’n geniale veldheer en staatsman onthou word -- iemand wat seker meer as al sy tydgenote die wese van die Groot Trek en die wordende republikeinse ideaal van die Afrikaner deurgrond het. Pretoria is na hom genoem -- en hierdie feit help om die groot bohaai oor ons eietydse naamsverandering van Pretoria tot Tswane te verklaar.)

Die Republiek Natalia, wat intussen uitgeroep is, sluit in 1840 ’n verbintenis met die trekkers wat by Winburg en Potchefstroom ook ’n eie bestuur in die lewe geroep het. In 1842 word die Republiek Natalia deur Britse troepe beset en in 1843 finaal geannekseer. Baie trekkers trek hierna weer oor die Drakensberg om hulle vry van Britse oorheersing op die Hoëveld te gaan vestig.

Dit was egter eers met die ondertekening van die Konvensies van Sandrivier en Bloemfontein dat die Britse agtervolging gestaak en die staatkundige ideaal van die Groot Trek verwesenlik is... met al die enorme gevolge wat dit op alle terreine vir Suid-Afrika sou hê.

Teks met erkennign aan www.mieliestronk.com/groottrek.html besoek op 21 Nov 2011


History As the first anti-colonialist drive began under the Dutch colony in the Cape, so did the most zealous "Boers" (the word originally means a farmer) begin to move away from the Cape in search of freedom and independence. These people were continually moving further and further away from the Cape and eventually met the first great Nguni migrations - the Xhosa people - who were moving South at the same time. This meeting took place in what is today known as the Eastern Cape.

As the two great migrations - Boer and Xhosa - met at the Fish River in the Eastern Cape, so did these two migrations stop for a while. In the interim however, the British Empire occupied the Cape Colony, and the Boers, who had sacrificed so much to escape their White colonial Dutch masters, once again found themselves under White British rule.

It was from the Eastern Cape that the first of what has become known as the Great Trek movements started. This Great Trek was in fact the migration of the Boer people away from the British Empire - proof yet again that the first anti-colonial movement in Africa was a Boer movement - an indigenous people trying to escape colonization by an European power. In many ways this of course mirrored events in North America.

The main cause of the Great Trek was the British colonial masters trying to colonize the Boers of the Cape frontiers. There were other smaller factors, but it can be said in summation that it was the Boers' desire to be free and independent of colonial rule which caused the Great Trek.

It is of crucial importance to note that whenever reference is made to the Great Trek, history writers always refer to the "Boers" who took part in the great Trek. There was no "Afrikaner" Great Trek, and there were no "Afrikaner" Great Trek Leaders, just Boer Great Trek leaders. This is an indication that at this stage already the Boers had developed an identity of their own, as distinct from the Cape Dutch and English settlers of the Cape.

The independence minded Boers packed up their belongings and headed north - into what today is known as the Orange Free State, Transvaal and into Natal.

Veldslae:

Van Rensburg Trek uitgewis Julie 1836

Aanval op die Liebenbergs 25 Augusts 1836

Vaalrivierslag 16 Oktober 1836

Die Slag by Vegkop (16 Oktober 1836)

 

 

Ons land is vol Monumente en gedenktekens wat met die Groot Trek verband hou. Hieronder is ‘n lys van die Monumente.
  1. Kaapland (Wes-Kaap, Oos-Kaap)
  2. Oranje-Vrystaat
    • Vegkopmonument, Heilbron
    • Sarel Ciliiersmonument, Kroonstad
    • Antjie Scheepersmonument, Ladybrand
    • Die Voortrekkermonument, Winburg
    • Simboliese Ossewagedenkteken, Bethulie
  3. Transvaal (Gautneg, Mpumalanga, Noordelike Provinsie en Noord-Wes)
    • Japie Greylingmonument, Daleside, Johannesburg
    • Voortrekkerkerk, Lydenburg
    • Voortrekkerskool, Lydenburg
    • Ou murasie van fort, Ohrigstad
    • Voortrekkerbegraafplaas, Ohrigstad
    • Andries Pretorius ruiterbeeld, Pretoria
    • Pioniershuis, Silverton
    • Andries Potgietergedenkteken, Zeerust
    • Vrou in voortrekkerdrag standbeeld, Rustenburg
    • Somboliese ossewagedenkteken, Johannesburg
  4. KwaZulu-Natal
  5. Mosambiek
    • Louis Trechardt gedenktuin, Maputo
[As 'n blad vir enige van hierdie monumente bestaan sal ons met graagte op 'n wederkerige basis 'n skakel na daardie blad hier byvoeg]

bo-aan bladsy
Hoofblad | Web meester