Vrystaat

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Vrystaat

Clarens

Kestell

Senekal

Vegkopmunument, Heilbron

Sarel Cilliers monument, Kroonstad

Vrouemonument, Bloemfontein

Standbeelde, Welkom

Kroonstad

Kaart vd Vrystaat

 

Die Oranje-Vrystaat was een van die onafhanklike boererepublieke. Die Oranje-Vrystaat was een van die provinsies van die Republiek van Suid-Afrika. Dit is vandag steed 'n provinsie van Suid-Afrika met die verkorte naam Vrystaat.

Die Oranje-Vrystaat (OVS) was ‘n onafhanklike staat in Suidelike-Afrika gedurende die tweede helfte van die negentiede eeu, en het later ‘n provinsie geword van die hedendaagse Suid-Afrika. Dit was die historiese voorloper van die huidige Vrystaatprovinsie. Dit is geleë tussen die Oranje- en Vaalrivier, en is gestig as ‘n Vrye staat deur die Afrikaner Boere, nadat hulle die Britse beheerde Kaapkolonie gedurende die Groot Trek verlaat het. Die Vrystaat is geannekseer deur Brittanje in 1848, en op 17 Februarie 1854 het Brittanje die onafhanklikheid van die Oranje Vrystaat erken. Op 23 Februarie 1854 het die Oranje-Vrystaat amptelik onafhanklikheid verkry by die ondertekening van die Konvensie van Bloemfontein. Die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal), ‘n susterstaat van die Boere, het ongeveer op dieselfde tyd onafhanklikheid verkry.

Die Oranje Vrystaat het as ‘n politieke en ekonomiese suksesvolle staat ontwikkel, maar desnieteenstaande het dit voortdurende konflik met Brittanje ervaar, totdat dit uiteindelik amptelik gedurende die Tweede Vryheidsoorlog deur Brittanje geannekseer was as die Oranjerivierkolonie in 1900. Dit het by die Unie van Suid-Afrika aangesluit in 1910. Die Republiek se naam het gedeeltelik ontstaan vanuit die naam van die Oranjerivier, net soos die Republiek van Transvaal sy naam vanuit die Vaalrivier verkry het. Beide name is deur die Boere ter ere van die Hollandse Monarg, die Huis van Oranje, gegee.

 

bo-aan bladsy
Hoofblad | Web meester