Klapperkopfort

Klapperkopfort

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Transvaal > Pretoria > Klapperkopfort
 
 

 

SADF Memorial, Fort Klapperkop, Pretoria

This statue of a soldier holding a R1 rifle, was erected in memory of all members of the South African Defence Force who lost their lives serving their country. The individuals who have lost their lives are honored with an inscription on a number of marble plaques mounted around the statue.

Foto: John Ramatsui, Flickr, 2010

 

 
 

 

 
 

 

Boere Kryger, Fort Skanskop, Pretoria
Foto: Alwyn Harding, Flickr, 2009

 

FORT SCHANSKOP GESKIEDENIS

Na die Jameson-inval in 1896 het pres Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek besluit om Pretoria te verdedig deur forte op strategiese plekke te laat bou. Aanvanklik sou agt forte gebou word, maar weens 'n tekort aan fondse is slegs vier voltooi. Drie van die vier, waaronder Schanskop, is deur Duitsers ontwerp.

Fort Schanskop is in 1897 voltooi en is só gebou dat dit aanvalle op Pretoria vanuit die rigting van die Johannesburg- en Lourenco Marquesspoorlyn, asook die pad vanaf Johannesburg kon afweer. Deur draaibare geskut op die fortwalle te plaas, kon aanvalle uit alle rigtings gestuit word. Teen 1899 het Schanskop oor een kanon 155 mm Creusot-kanon (Long Tom) en twee Maxims (Pom-poms) beskik. Die bemanning het uit een offisier en 30 manskappe van die Transvaalse Staatsartillerie bestaan.

Met die uitbreek van die Tweede Anglo Boere Oorlog, is die manskappe en die wapens egter na die Natalse front geneem en die fort is heeltemal onbewaak agtergelaat. Op 7 Junie 1900, net na genl Roberts se inval in Pretoria, is die forte beset. Schanskop is deur die 2nd Battalion Royal Dublin Fusiliers beset. In 1922 is die forte aan die Unieregering terugbesorg en van toe af vir sein- en waarnemingsdoeleindes deur die Verdedigingsmag gebruik. Schanskop is in 1938 as 'n historiese monument deur die Historiese Monumentekommissie geproklameer.

In 1962 is besluit om 'n militêre museum in Pretoria in te rig. Die keuse het op Fort Klapperkop geval, maar die museum is later uitgebrei om ook Schanskop in te sluit. Beide museums is agv begrotingsnitte teen 1994 deur die SA Weermag ontruim en aan die Staat teruggegee. Die Voortrekkermonument en Natuurreservaat se tender van R400,000.00 vir Fort Schanskop (sonder inhoud) is aanvaar en dit is in Junie 2000 finaal vanaf die Stadsraad van Pretoria na dié Art 21-maatskappy oorgedra. Daar is onmiddellik daarna oorgegaan tot 'n omvattende opknappings- en uitbreidingsprogram.

ANGLO-BOEREOORLOGMUSEUM

Die Direktoraat Militêre Musea van die Suid-Afrikaanse Weermag het in die 1970's begin met die restourasie van Fort Schanskop, waarna die argitek, mnr A.B. Holm, die interieur vir 'n nuwe museum ontwerp het. Die museum is in 1978 geopen en het die militêre geskiedenis van die Transvaal vanaf die vroegste tye tot en met Uniewording in 1910 gedek.

Temas soos die vestiging van die eerste Swart stamme, botsings tussen die Voortrekkers en die Ndebele, die Eerste Vryheidsoorlog, die Anglo-Boereoorlog, en die twee Wêreldoorloë is aangespreek. Waardevolle items soos die rewolwers van genls Colley en Joubert, teenstanders by Majuba, die oorlogsvaandel van genl Opperman van die OVS, die Enfield geweer van genl Smuts en die .38 Mauser-pistool van genl Louis Botha was in dié museum op uitstalling.

Die museum is in 1994 tot niet verklaar en die inhoud is aan verskeie militêre en regimentsmuseums, asook ander belanghebbende instansies gegee.

Met die oorname van Fort Schanskop deur die Voortrekkermonument en Natuurreservaat Art 21-maatskappy in 2000, is daar van die staanspoor besluit om die tema van die Fort só af te baken dat dit die periode 1899 - 1914 sal insluit. 'n Foto-uitstalling van verskillende aspekte van die Anglo-Boereoorlog is saamgestel. So is daar 'n uitstalling oor die rol van die perd in die Anglo-Boereoorlog in Stal te sien, terwyl die geskiedenis van die Staatsartillerie in Officieren uitgebeeld word.

'n Oorsig oor die verloop van die oorlog word met behulp van foto's en kort beskrywings in Proviand uitgebeeld. Portrette van Boeregeneraals op bruikleen van die SA Leërkollege en kort biografiese sketse hang in die konferensielokaal, Manschappen. Die res van die lokale beeld afsonderlik die wapens en ammunisie van Boer en Brit, die geskiedenis van die Fort, asook die mediese toestande uit.

Huidiglik is 'n groot aantal items van die Boererepublieke by die Oorlogsmuseum op bruikleen en sal binne die afsienbare tyd in Schanskop uitgestal word. Die ashoop van die Fort is onlangs ontdek en die interessante artefakte wat deur argeoloë opgegrawe is, sal ook in die museum uitgestal word. 'n Aggressiewe insamelingsveldtog vir items wat uit dié tydperk dateer word beplan en donasies is baie welkom.

SCHANSKOP AMFITEATER

Hierdie besonderse, intieme, amfiteater vorm deel van die uitbreidings te Fort Schanskop. Schanskop Amfiteater is op 30 Januarie 2001 met 'n baie suksesvolle konsert amptelik geopen. Die bekende akteur, Carel Trichardt, het as 'President Paul Kruger' die opening waargeneem en die Fort vir veilige bewaring aan die Voorsitter van die Direksie oorhandig.

Met sitplek vir 357 mense is dit ideaal vir klassieke Sondagmiddagkonserte in die winter of opwindende musiekkonserte op warm somersaande. Die aanvraag vir ander funskies, troues, jeuggroep-aktiwiteite en kerkdienste is ook groot.

Vir Besprekings , skakel gerus vir Hennie Coetzee op (012) 326 6770 /323 1071

bo-aan bladsy
Hoofblad