Genl Petrus Jacobus Joubert

Genl Petrus Jacobus (Piet) Joubert

www.boerafrikana.com: Tuisblad >

Kmdt Genl Petrus Jacobus (Piet) Joubert
Genl Petrus Jacobus Joubert
 

 

Kmdt Genl Petrus Jacobus (Piet) Joubert
Genl Petrus Jacobus Joubert
 

 

Kmdt Genl Petrus Jacobus (Piet) Joubert
Genl Petrus Jacobus Joubert
 

 

Genl Piet Joubert
This image comes from the Portrait Gallery of the Perry–Castañeda Library of the University of Texas at Austin. According to the collection's title page, the image is in the public domain and no permission is needed to use it.

 

PETRUS JOHANNES JOUBERT(“PIET”) (1831-1900)

 

Hy is gebore te Prins Albert en was van Hugenote afkoms. Hy trek saam met sy ouers eers na Marico en daarna na die Wakkerstroom-distrik.

Wakkerstroom distrik 1881   Wakkerstroom 1992
 
     

In 1855 word hy tot veldkornet verkies en later tot die Transvaalse Volksraad, waar hy dien as voorsitter, as lid van verskeie kommissies en as waarnemende President van die Republiek 1875-76.

Toe Brittanje Transvaal annekseer, tree Joubert en Kruger op as leiers in die stryd om onafhanklikheid. Saam met M.W. Pretorius vorm hulle die Besturende Driemanskap. Na die uitbreek van die Eerste Boereoorlog, behaal Joubert as bevelvoerder indrukwekkende boerewelslae by Laingsnek, Ingogo en Majuba.

As invloedryke burger met wye belangstelling en vermoëns insluitende boerdery, wet, handel en eiendomme, was Joubert ook stigterslid en direkteur van verskeie maatskappye, insluitend ‘n goudonderneming. As ‘n toegewyde, hardwerkende, soms humeurige maar goeie spreker, raak Joubert al hoe meer betrokke by die politiek nadat die Transvaalse onafhanklikheid herstel is. Hy verloor die stryd om Presidentskap teen Kruger, maar was Kommandant-Generaal, Superintendent van Inboorlingsake en Vise-President.

 

Joubert was behep met grens-en sekerheidsprobleme en sy militêre reputasie was gebaseer op sy 1880-81 suksesse en verskeie stamgeskille. In hierdie opsig het sy slinkse en versigtige natuur en vermyding van bloedvergieting, gelei tot suksesvolle taktiek van besetting en uithongering. As Kommandant-Generaal in 1899 het sy ouderdom, oorlogsteenkanting en defensiewe taktiek egter ‘n hindernis geword vir die Republiekeinse veldtog.

 

Vanaf die Natalse Front is Joubert terug na die Vrystaat en Transvaal vir konsultasie, voordat hy in Pretoria as ‘n nasionale- en internationale-erkende figuur te sterwe kom.

 

 

 

 

Boere Kmdt. Piet Joubert gebore Petrus Jacobus Joubert is op 20 JANUARIE 1831 op Damaskus naby Prins Albert gebore en was naas Pres. Paul Kruger die gewildste figuur in die Zuid-Afrikaansche (Transvaalse) Republiek.

As kind was hy deel van Piet Retief se trekgeselskap, maar op 16-jarige leeftyd het hy na Transvaal getrek.

In die openbare lewe het hy vinnig opgang gemaak. In 1855 raak hy veldkornet, in 1865 Volksraadslid ('n amp waartoe hy reeds in 1860 verkies is maar nie kon aanvaar nie omdat hy nog nie 30 jaar oud was nie), in 1973 voorsitter van die Volksraad en in 1875 waarnemende Staatspresident. As Kmdt.Genl. voer hy die Boere aan by Laingsnek, Skuinshoogte en Amajuba.

Hy is op 27 Maart 1900 in Pretoria oorlede.

bo-aan bladsy
Hoofblad