My venster is ’n blanke vlak - N.P. van Wyk Louw

www.boerafrikana.com: Tuisblad >N.P. Van Wyk Louw

1st column

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

My venster is ’n blanke vlak

My venster is ’n blanke vlak
in skaduwee en skemering,
waar ek my nagte waak en wag
op magiese deursuiwering:

dat hierdie siel deursigtig word
in vreemde voorgevoelde lig,
tot kring bo kring opglans en straal
in eindelose vergesig;

dat wat ek nog verlore waan,
o my verlore dae in my,
in hierdie stille skemering
hul vorming en gestalte kry,

tot ek my eensaamheid besit,
volmaak, as kosbare gewin,
van duister wense en van smart
die uiterste deurstraalde sin.

© NP van Wyk Louw

 

3rd column
bo-aan bladsy
Hoofblad