1st column
Grense
My naakte siel wil sonder skrome in alle eenvoud tot jou gaan, soos uit diepe slaap ons drome, soos teen skemerlug die bome opreik na die bloue maan;
gaan met al sy donker wense, en die heilige, nooit-gehoorde dinge sê, waarvoor die mense huiwer, en wat om die grense flikker van my duister woorde.
© NP van Wyk Louw