Motwabeng | Towns

Senekal

Plekke om te besigtig

Ringmuur met versteende boomstamme

'n Muur met versteende boomstamme omring die historiese ou NG Kerk. Volgens wetenskaplikes is hierdie boomstamme ongeveer 250 miljoen jaar oud. Die langste stam met 'n lengte van 17.5 meter kom in die westelike deel van die ringmuur voor. Die fossielboomstamme is uitgehaal langs die Sandrivier ten weste van Senekal. Die boomfossiele behoort tot verskeie Dadoxylon stamsoorte, waaronder Dadoxylon sclerosum en is volgens sommige paleontoloë familie van die plantafdeling Coniferophyta waaraan ook die teenswoordige denne en geelhout soorte behoort.

Moedergemeente met versteende boomstamme

NG Moederkerk

Die Nederduits Gereformeerde Kerk is gebou op dieselfde perseel waar die eerste NG Kerk vanaf 1875 to 1895 was. Die kerk het te klein geword en is vervang met die huidige gebou. Die argitekte was JH en AE Till en die "bouwmeesters" was Rowe Marshall en Hill. Die kerk is op 17 Desember 1896 ingewy.

Bybel tuin

Bybeltuin

Op die kerkplein is 'n Bybeltuin gevestig. Die tuin bestaan uit 'n aantal kleiner tuine soos die olyftuin, kruietuin met verskeie kruie wat vir medisinale doeleindes gebruik is, 'n granaat tuin, 'n palmtuin, 'n aalwyntuin en nog verskeie ander blomme en plante wat in die Bybel voorkom. Die Bybeltuin self word omring deur 'n laning plataanbome.

Monumente

'n Marmer gedenknaald ter herdenking van die eeufeesviering van Senekal (1877 - 1977) is op die perseel van die huidige munisipale gebou opgerig.

'n Standbeeld van 'n vroulike engelfiguur is opgerig ter ere van kmdt-genl FP Senekal na wie die dorp vernoem is. 'n Kop en skouerbeeld van die generaal is teen die voetstuk van die standbeeld, wat op die kerkplein geleë is, aangebring.

Ook geleë op die kerkplein is twee monumente ter gedagtenis aand die simboliese Ossewatrek van 1938.

Simboliese Ossewatrek

Die Burgermonument, ter gedagtenis aan gesneuwelde boere van Senekal tydens die Tweede Vryheidsoorlog staan ook op die kerkplein.

AD Keethuis

Die Keethuis was die woning van dr AD Keet wat bekendheid verwerf het as digter. Dr Keet en sy gesin het meer as 'n kwarteeu in die huis gewoon en gewerk.

Wêreldhorlosie

Iets besonder en seker die enigste in die land, is die 5 m hoë wêreldhorlosie wat gelyktydig die tyd in Amsterdam, Sydney, Moskou en New York aandui. Die horlosie is eiehandig deur 'n inwoner, mnr Hanno Ploegner gebou en in die tuin voor sy huis opgerig.

Biddulpsberg

Op 29 Mei 1900 het die groot veldslag tussend Boer en Brit hier plaasgevind. Met 'n oormag van 4000 man teenoor 400 man, moes genl Rundle die aftog blaas en het die oorwinning baie vir die moreel van die Boere beteken.

Biddulphsberg


Senekal Transitional Local Council Essential Info Print and keep | SATIC Main Site | Top

SATIC © maart mm marius loots