Zeerust (Wes Transvaal)

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Foto Album

1st column

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Zeerust is 'n kommersiële  dorp in die Wes Transvaal, Suid-Afrika. Die dorp is geleë in die Marico-vallei, 135 kilometer wes van Rustenburg en ongeveer 240 kilometer noordwes van Johannesburg. Die N4 nasionale pad, die hoof verbindingsroete tussen Suid-Afrika en Botswana, loop ook deur die dorp. Groot beesplase word in die gebied gevind, sowel as koring, mielie, tabak en sitrusvrugteplase. Daar is ook fluoriet en chromietmyne in die omgewing.

Die oorspronklike naam van die plaas waarop die dorp gestig is, het behoort het aan Casper Hendrik Coetzee, wat dit in 1858 gekoop het. Die plaas is later hernoem na Hazenjacht, en daarna Hazia / Hazeah. Casper Coetzee het Walter Seymore gekontrakteer om 'n kerk en 'n fort op die plaas te bou, maar hy (Casper) het gesterf voor hierdie voltooi is. In 1866, het die plaas in die hande van sy neef / swaer Diederik Jacobus Coetzee beland, wat die potensiaal van die ontwikkeling van 'n dorp op die plaas gesien het. Hy het enkele erwe uitgemeet met die idee om 'n dorp te begin. Hy het osrieme gebruik om die plotte af te meet in plaas van die aanvaarde opmeterskettings. Op 20 Maart 1867, is die eerste erwe van die nuutgestigte Coetzee-Rust per openbare veiling verkoop in Potchefstroom, voor die amptelike erkenning van die versoek om 'n dorp te begin kon verleen word. Die naam Coetzee se Rust is later verkort tot Zeerust. Munisipale status is verkry op 18 Maart 1936.

Zeerust was egter nie die eerste dorp in hierdie gebied nie. Die eer behoort aan Jacobsdal, 'n klein dorpie ongeveer 10 km suid van Zeerust geleë op die plaas Vergenoegd, naby die lusern stasie. Die gewildheid van Zeerust as handelsentrum, het die einde van Jacobsdal beteken, en nou bestaan dit nie meer as 'n dorp nie.

(Teks met erkenning aan http://af.wikipedia.org/wiki/Zeerust 28 Desember 2014)

     
 
Foto:erkennig www.boererepublieke.co.za Foto:erkennig www.boererepublieke.co.za  

 

 

3rd column
bo-aan bladsy
Hoofblad | Web meester