Oorwinningslied - Piet Smit

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Mense > Digters

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                        Oorwinningslied

 

1.             Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer
               Die Allerhoogste wat in liefde oor sy Koninkryk regeer
               Hy’t belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer
               Hy is Koning, Hy regeer!

               Refrein:
               Loof Hom, prys Hom!  Halleluja!
               Hy is Koning, Hy regeer!

2.             Die Here is ons Vesting wat vir altyd sal bly staan
               Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan
               Hy’s ons skuiling, Hy’s ons wapen, Hy het die vyand reeds verslaan
               Hy is die Rots wat ewig staan

               Refrein:
               Loof Hom, prys Hom!  Halleluja!
               Hy's die Rots wat ewig staan!

3.             Kom deel nou in ons loflied hef jou hande op na bo
               Blaas basuine, slaan op tromme en kom dans voor God se oë
               Kom leef in die oorwinning van sy Woord waarin ons glo
               Want sy Woord sal ewig staan

               Refrein:
               Loof Hom, prys Hom! Halleluja!
               Want sy Woord sal ewig staan.

4.            Ek glo dat Jesus Christus weer sy bruid gaan kom haal
               Ek glo die Vader het al reeds die dag en uur bepaal
               Ek sien al klaar die feestelike hemelbruilofsmaal
               en die tafel met ons bruilofsmaal

 

 
bo-aan bladsy
Hoofblad