Sarel Celliers

www.boerafrikana.com: Tuisblad >

Oorsake van die Groot Trek
 
Groot Trek leiers
Andries Pretorius

 

 

Gerrit Maritz

 

 

Hendrik Potgieter

 

 

Karel Landman

 

 

Louis Trichardt

 

 

Piet Retief

 

 

Sarel Cilliers

 

 

Piet Uys
 

Sarel Cilliers

Sarel Cilliers was ‘n baie bekende Voortrekker wat oorspronklik in die Paarl gewoon het. Hy is gebore op die plaas Schoongezicht in Dal Josaphat op 7.9.1801. in 1836 het Cilliers met vrou en 6 kinders by die Potgieter-trek laat aansluit. Hy was daarvan oortuig dat dit God se wil is dat hy moes trek. Cilliers was die nie-amptelike leraar van die Potgieter-trek: bedags het hy die godsdiensoefeninge en Sondae die eredienste gelei. Cilliers word ook deur sommige as die ‘vader van die Gelofte’ beskou wat die Voortrekkers afgelê het voor die Slag van Bloedrivier wat op 16.12.1838 plaasgevind het. Hy is oorlede op die plaas Doornkloof in die distrik van Lindley in die Vrystaat op 4.10.1871.

Bron: SA Biografiese Woordeboek Deel IV

The neat pleasant town of Kroonstad, the third-largest town in the Free State, lies two hours drive from Gauteng, making its position on the map as important as in the agricultural economy it supports. Folklore has it that the town was named for a horse, belonging to Voortrekker Sarel Cilliers, which drowned in a stream on the site of the present town. A caravan park and many more camp sites on the banks of the willow-lined Vals River are frequented by anglers and watersport enthusiasts.

Sarel Cilliers Museum An exhibition of Kroonstad's history forms the backdrop to a memorial of Voortrekker Sarel Cilliers. His farmstead, now painstakingly restored.

Erkenning: http://www.places.co.za/html/kroonstad.html

Besienswaardighede op Doornkloof

Ou Huis (derde opstal)

Die huis met sy hoë stoep is geheel van klip gebou met dik mure van ongeveer 75cm. Gedurende die tweede Vryheidsoorlog het die Engelse troepe die huis aan die brand gesteek. Die grasdak het afgebrand, maar die mure het ongeskonde bly staan. Na die oorlog het Pieter Cilliers die huis met 'n sinkdak herstel. (1902).

Die huis is gerestoureer en dien as gastehuis vir 17 persone. Dit beskik ook oor 'n netjiese konferensielokaal (die kamer waar Sarel Cilliers oorlede is), 'n gesellige sitkamer, kombuisie en badkamer. Die binneversierings is deur Corrie Scheepers gedoen.

Die kerkhof

In die familiekerkhof lê die Godsman van die Groot Trek en sy tweede vrou Aletta van Schalkwyk; en Pieter Cilliers, die enigste kind van sy tweede vrou en die se vrou Elsie, begrawe. Net noord van Sarel Cilliers se graf is die van Hendrik van der Berg, vermoedelik 'n swaer van Aletta en noord langs Van der Berg, die graf van 'n seuntjie van Pieter Cilliers. Net onderkant die seuntjie se graf is Pieter Cilliers se jongste dogtertjie begrawe. Drie ander grafte se inskripsies het ongelukkig verweer.

Die Ou Tuin

Die ou klipmuuromheinde tuin waar daar nou nog etlike peerbome, vyebome, moerbei, okkerneut, krismispruim en amandelbome staan wat Sarel Cilliers self geplant het. In die afgelope jaar het etlike van die bome van die ouderdom verdor of na swaar reën geval. Die Adamsvyeboom links van die tuinhek was vroeër jare beskou as die grootste vyeboom in Suid-Afrika. Met die swaar reën en oorstromings van 1948 het die ou boom in vyf stukke gebreek, wat vandag nog steeds groei en pragtige Adamsvye dra. In die tuin word werktuie uitgestal.

Sterkspruit en die Leidam

Dit is die spruit se oorspronklike naam. Dit het 'n helder sterk fontein gehad en die Fonteindam waaruit die tuin en die koringland natgelei is, was presies op die plek waar ons die sementwal gemaak het.

Beesveldam

Die dam is in die klofie noordoos van die Piet Geyer-terrein. Hy word so genoem omdat die grond vir die wal met rou beesvel, getrek deur osse, aangesleep is om die damwal te maak. Die ou dammetjie was vir jare en jare stukkend. In 1958 is dit herstel en die wal hoër gemaak. Vandag dien dit as wildsuiping.

Die kakebeenwa "Sarel Cilliers"

Tydens die simboliese Ossewatrek 1938 is een van die waens (van stinkhout in Knysna gemaak) na die Godsman van die Groot Trek, Sarel Cilliers, vernoem. Op sy tog van Kaapstad na Pretoria doen die wa Doornkloof aan. Op Vegkop het die OVS 'n egte goue plaatjie met onderstaande inskripsie daarop aangebring:

Charl Cilliers

Naam plegtig gegee deur Dr JD Kestell by die Vroumonument op 22 Oktober 1938. Naamplaat geskenk deur Vegkop op 1 November 1938 deur Oranje Vroue Sendingbond.

Op 14 Augustus 1945 word 'n versoek toegestaan dat die wa Doornkloof toe kan kom.

Die Sarel Cilliers-saal

Op 16 Desember 1957 is die Sarel Cillierssaal feestelik in gebruik geneem. Voortrekkers het 250 pond tot die boukoste bygedra en aan die Feeskommissie 'n skriftelike versekering gegee dat hulle vir altyd die Feeshuis mag gebruik. Die Feesgangers het 'n feeshuis gehad en die Voortrekkers 'n saal tydens hulle kampe! In 1985 is die oppervlak verdubbel en word die saal in'n netjiese saal omskep. In die saal is 'n gidsbeeld van Sarel Cilliers in 'n geboë posisie..

Die Leierskerkhof

Dr NJ van der Merwe, eerste hoofleier van die Voortrekkers, is in Augustus 1940 oorlede en op Bloemfontein begrawe. 'n Herbegrafnis het op 10 Desember 1942 plaasgevind. Sy dogter, Elsa Stofberg, het 'n lewensgrote glasveselbeeld van 'n Verkennerseun op saluut op haar vader se graf opgerig. Die terrein sou voortaan 'n kerkhof wees waar Voortrekkerleiers begrawe kon word. Die tweede en derde Vrystaatse leiers, oompie Buys en oom Piet Geyer, ook hier begrawe. Tannie Geyer as medebouer van Doornkloof is ook hier begrawe.

Die Fort

Een van die gedenkwaardigste monumente op Doornkloof is die fort, eiehandig deur Sarel Cilliers en sy seuns op 'n strategiese plek op die westelike plato (in 1862 of 1863) gebou vir beskerming tydens Basoeto-invalle. Hierdie fort getuig van voortreflike militêre vernuf en strategie. Die westekant van die fort het geen muur gehad nie omdat daardie kant na 'n oop gelyk vlakte wys waarvandaan die vyand nie sou aanval nie. Daardie opening sou met waens toegetrek word. (Sarel Cilliers was 'n kundige laertrekker, dink aan Vegkop, Doornkloof en Bloedrivier). Tydens die tweede Basoeto-oorlog van 1865 het die Basoetoe's aangeval. Die vrouens en kinders van die omgewing het dan ook in die fort gevlug. Die fort is egter nie aangeval nie omdat Sarel Cilliers, sy seuns en ander bure die Basoeto's in 'n urelange geveg uit die kloof weggeskiet het. Volgens 'n brief van Sarel Cilliers aan sy suster in die Kaapkolonie, was die verlies aan vee groot

Erkenning: http://vrystaat.voortrekkers.org.za/doornkloof/DKLFBesienswaardighede.htm

Die kerkhof en Sarel Cilliers se graf

In die familiekerkhof lê die Godsman van die Groot Trek en sy tweede vrou Aletta van Schalkwyk; en Pieter Cilliers, die enigste kind van sy tweede vrou en die se vrou Elsie, begrawe. Net noord van Sarel Cilliers se graf is die van Hendrik van der Berg, vermoedelik 'n swaer van Aletta en noord langs Van der Berg, die graf van 'n seuntjie van Pieter Cilliers. Net onderkant die seuntjie se graf is Pieter Cilliers se jongste dogtertjie begrawe. Drie ander grafte se inskripsies het ongelukkig verweer.

bo-aan bladsy

Hoofblad / Web meester