Winter - N.P. van Wyk Louw

www.boerafrikana.com: Tuisblad >N.P. Van Wyk Louw

1st column

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Winter

Nou lê die aarde nagtelang en week
in die donker stil genade van die reën,
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.
Dis alles ryk en rustig van die swaar
geheime wasdom wat sy paaie vind
deur warm aarde na elke skeut en blaar,
en ver en naby alles duister bind 
in vog en vrugbaarheid en groot verlange;
tot ons ’n helder middag skielik sien
die gras blink, en die jong graan teen die hange,
en weet dat alle rus die lewe dien:
hoe kon ek dink dat somer ryker is
as hierdie groei se stil geheimenis?

© NP van Wyk Louw

 

3rd column
bo-aan bladsy
Hoofblad