D.J. Opperman

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Foto Album

DJ Opperman

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Diederik (or DirkJohannes Opperman, commonly referred to as D.J. Opperman ( 29 September 1914 – 1985) was an Afrikaans poet. He is considered to be one of the best known Afrikaans poets of the twentieth century.

He was born on 29 September 1914 in Dundee in Natal, where he grew up. He went to school in the towns of Estcourt and Vryheid, and afterwards received an M.A. degree from the University of Natal. He taught at schools inPietermaritzburg and Johannesburg, and later on became editor of Die Huisgenoot. In 1949 he became a lecturer at the University of Cape Town. During this period he completed one of his most important publications –Digters van Dertig (Poets of the thirties) – in 1953.

He won the coveted Hertzog prize for poetry in 1947 for his collection Heilige beeste ("Holy cattle"). From 1960 to 1975 he was a professor of Afrikaans at Stellenbosch University, where he also served on the editorial board of the publication Standpunte ("Points of View"). He died in 1985 in Stellenbosch.

He won four Hertzog prizes (in 1947, 1956, 1969 and 1980), four Hofmeyer prizes (in 1954, 1956, 1966 and 1980), two CNA Prizes (in 1964 and 1980), a prize from the "Drie-Eeue Stigting" ("Three Centuries Foundation") in 1956, the Louis Luyt-prize in 1980 and the Gustav Preller prize for literary criticism in 1985

The South African composer Cromwell Everson wrote music for some of Opperman's poems, such as Kontraste and Nagstorm oor die see.

List of works

Poetry

  • Heilige Beeste ("Holy cows" 1943)
  • Negester oor Ninevé ("Nine star over Niniveh" 1947)
  • Joernaal van Jorik ("The Journal of Jorik" 1949)
  • Engel uit die klip ("Angel from the Stone" 1948)
  • Blom en baaierd ("Flower and Chaos" or "Flower and Rubble" 1948)
  • Dolosse ("Knucklebones" )
  • Kuns-mis ("Fertilizer")
  • Edms. Bpk ("Pty. Ltd")
  • Komas uit 'n bamboesstok ("Comas from a Bamboo Pole" 1949)

Verse plays

  • Periandros van Korinthe ("Periandros of Corinth" 1954)
  • Vergelegen (A place name, lit. "faraway" 1956)
  • Voëlvry ("Outlaw"; lit. "bird-free" 1968)

Essays on literature

  • Wiggelstok ("Divining rod")
  • Naaldekoker ("Dragonfly")
  • Verspreide opstelle ("Spread-out essays" – the direct opposite of "Collected essays" in Afrikaans)

teks erkenning aan wikipedia.org besoek Desember 31, 2014

DIEDERIK JOHANNES (D.J.) OPPERMAN is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf in 1935 ’n MA-graad aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy hou skool in Pietermaritzburg en Johannesburg, is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee 10 jaar lank klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch.

D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-prys, WA Hofmeyr-prys en Louis Luyt-prys virKomas uit ’n bamboesstok. Opperman was eweneens bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan isGroot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) enKleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrikawaaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het.

Het jy geweet?

  • In 1976 verkeer hy sewe maande lank as gevolg van lewersirrose in ’n komatose toestand, waaruit hy merkwaardig genoeg herstel. Die outobiografiese bundel Komas uit ’n bamboesstok (1979) handel oor dié tydperk.
  • Die Letterkundige Laboratorium was ’n soort werkwinkel in die Afrikaanse poësie vir ontluikende digters en skrywers. ’n Paar bekende digter, skrywers en letterkundiges wat dit bygewoon het, is Lina Spies, Daniel Hugo, Erika Murray-Theron, Joan Hambidge, Fanie Olivier, Marlene van Niekerk, Etienne Britz en Louise Viljoen.
  • Sy dogter, Trienke Laurie, is ook ’n digter en sy het in 1997 die Ingrid Jonker-prys vir haar debuutbundel, Skietspoel, ontvang.
  • Hy het drie versdramas geskryf: Periandros van Korinthe (1955),Vergelegen (1956) en Voëlvry (1968).
  • Hy was baie betrokke by die tydskrif Standpunte en was ook ’n belangrike manuskripkeurder vir Nasionale Pers, Human & Rousseau en Tafelberg.

Boeke steeds in druk

Kleuterverseboek, Tafelberg (2010)
Periandros van Korinthe, Tafelberg (2001)
Joernaal van Jorik, Tafelberg (2001)
Sonklong oor Afrika, Tafelberg (2000)

Bekronings

Hertzogprys vir poësie (1947) – Heilige beeste
WA Hofmeyr-prys (1954) – Periandros van Korinthe
WA Hofmeyr-prys (1956) – Blom en baaierd
Hertzogprys vir drama (1956) – Periandros van Korinthe
CNA-prys (1964) – Dolosse
WA Hofmeyr-prys (1966) – Dolosse 
Eredoktorsgraad van Universiteit van Natal (1968)
Hertzogprys vir drama (1969) – Voëlvry 
Eredoktorsgraad van Universiteit van Stellenbosch (1976)
Hertzogprys vir poësie (1980) – Komas uit ’n bamboesstok
CNA-prys (1980) – Komas uit ’n bamboesstok
WA Hofmeyr-prys (1980) – Komas uit ’n bamboesstok
Louis Luyt-prys (1980) – Komas uit ’n bamboesstok
Eredoktorsgraad van Universiteit van Kaapstad (1980)
Eredoktorsgraad van Universiteit van Pretoria (1982)
Gustav Preller-prys vir Literêre kritiek (1985)

Lys van publikasies

Poësie
1945 Heilige beeste, Nasionale Pers
1947 Negester oor Ninevé, Nasionale Pers
1949 Joernaal van Jorik, Nasionale Pers
1950 Engel uit die klip, Nasionale Boekhandel
1956 Blom en baaierd, Nasionale Boekhandel
1963 Dolosse, Nasionale Boekhandel
1964 Kuns-mis, Human & Rousseau
1970 Edms. Bpk, Human & Rousseau
1979 Komas uit ’n bamboesstok, Human & Rousseau
1987 Versamelde poësie, Tafelberg
2000 Sonklong oor Afrika, Tafelberg

Samesteller en bloemlesingsstrong>
1946 Stiebeuel; ’n bloemlesing (met F.J. le Roux), Nasionale Pers
1951 Junior verseboek, Nasionale Boekhandel.
1955 Senior verseboek, Nasionale Boekhandel
1956 Groot Verseboek, Tafelberg
1958 Verseboek vir standerd VI (met J.A. Heyl), Nasionale Boekhandel
1959 Klankies vir kleintjies (met H.J. van Zyl), Nasionale Boekhandel
1959 Klein verseboek, Nasionale Boekhandel
1959 Wiggelstok, Nasionale Boekhandel.
1960 Afrikaanse digkuns (met H.J. van Zyl), Via Afrika.
1961 My tweede verseboek: Standerd II (met C.B. Linder), Nasionale Boekhandel
1961 My derde verseboek: Standerd III (met C.B. Linder), Nasionale Boekhandel
1961 My vierde verseboek: Standerd IV (met C.B. Linder), Nasionale Boekhandel
1964 My eerste verseboek: Standerd I (met C.B. Linder), Nasionale Boekhandel
1965 Stiebeuel 2; ’n bloemlesing (met F.J. le Roux), Nasionale Boekhandel
1966 Dubbelloop. Afrikaanse en Nederlandse gedigte (met C.J.M. Nienaber), Nasionale Boekhandel
1966 Kleuterverseboek, Nasionale Boekhandel
1968 Die gees van die wingerd / Spirit of the vine: Republic of South Africa, Human & Rousseau
1984 My Afrikaanse verseboek: ’n ruim keuse vir meertalige leerlinge(met M.A. Basson en E. Stumpf),Tafelberg
1985 Skakering (met G.H.J. Coetzee), Tafelberg.

Drama
1955 Periandros van Korinthe, Nasionale Boekhandel.
1956 Vergelegen, Nasionale Boekhandel
1968 Voëlvry, Human & Rousseau

Uittreksel uit resensie

“Die Kleuterverseboek bevat kosbare, oorgelewerde erfgoed, vertaalde, verwerkte leengoed en talle sprankelende nuutskeppinge uit die heel beste van ons ‘gemeenskapskuns’. Dit is ’n onmisbare toevoeging tot die betreklik klein skat van Afrikaanse klassieke kinderlektuur. Elke gesin en elke kind is armer daarsonder.”
– Marina le Roux, Die Burger (2000)

((teks erkenning aanmieliestronk.com besoek op 31 Desember 2014)

 

 

3rd column
bo-aan bladsy
Hoofblad