Manie Maritz

www.boerafrikana.com: Tuisblad >

 

SOLOMON GERHARDUS ('MANIE') MARITZ (1876-1940)

As ‘n afstammeling van die Voortrekkerleier Gert Maritz word hy Transvaalse Burgerstatus toegestaan en sluit hy hom aan by die ZARP. In 1899 word hy opgeroep en dien hy met buitengewone moed in Natal, Colesbergdistrik en die OVS voordat hy by Theron se verkenners aansluit. In 1901 beweeg hy na die Kaapkolonie waar hy die rebellemagte opstook en organiseer. Hy word bevorder tot Kommandant en voer veldslae deur die hele Kaapkolonie vanaf Calvinia en Kenhardt in die Noordweste tot binne 80 km vanaf Kaapstad, die suidelikste punt wat deur ‘n Boeremag bereik is. Later is hy, Smuts en Van Deventer aktief in die O'Kiepdistrik en word hy bevorder tot Generaal.

Sterk, energiek, meedoënloos met ‘n  geweldige humeur, weier hy in 1902 om oor te gee en vertrek hy na Duits Suidwes-Afrika, Europa en Madagaskar. Hy  was ‘n rukkie lank in die Kaap en Transvaal voordat hy in die Ventersburg-distrik begin boer. In 1912 word hy aangestel as Kommandant in die SAP, maar bedank en word ‘n majoor in die nuwe Unie-Verdedigingsmag. Omdat hy die Republiekeinse ideaal wou nastreef rebelleer hy in 1914, maar ontvlug en wyk uit na Windhoek en Angola. Nadat hy gevangenisstraf daar uitgedien het, reis hy deur Europa voordat hy na Suid-Afrika terugkeer waar hy gevonnis is vir sy aandeel in die Rebellie.

Na sy vrylating word hy Welsynoffisier in Namakwaland alvorens hy in Suidwes-Afrika gaan boer het. As ‘n politieke onrusstoker het die publikasie van sy boek, 'My lewe en Sterwe' tot ‘n verdere vervolging gelei. Hy sterf in ‘n motorongeluk in 1940.

bo-aan bladsy
Hoofblad