Christiaan De Wet

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Boerehelde
CHRISTIAAN RUDOLPH DE WET
 

 

Genl De Wet Monument, Reddersburg

Detail of dedication plaque on the General De Wet Monument, Reddersburg, Free State Province, South Africa. De Wet, an Afrikaans national hero, celebrated his last Dingaan's Day at this place where he laid the stone which is atop the memorial. "To the memory of the beloved General and Folk Hero. Remember our Heroes" (Translation of the Afrikaans inscription.)

Foto: Christo Doherty, Flickr, 2010

CHRISTIAAN RUDOLPH DE WET (1854-1922)

De Wet is gebore naby Dewetsdorp en was as jeugdige ‘n transportryer in Griekwaland-Wes. Sy lewe word gekenmerk deur sy rusteloosheid en hy trek rond tussen Vrystaat en Transvaalse plase. Gedurende die eerste Anglo-boere-oorlog dien hy as Waarnemende Kommandant in die vernaamste Natalse veldslae. Hy word verkies tot die Transvaalse en Vrystaatse Volksrade. Hy het ‘n progressiewe uitkyk op die lewe gehad en hy tree op as kampvegter vir die Nederlandse taal.

In Oktober 1899 is hy Waarnemende Kommandant by die Nicholsonsnek oorwinning en word later aangestel as Generaal. Hy word beroemd vanweë sy oorrompeling van ‘n konvooi en sy bedrywighede by Paardeberg en sukses te Sannahspos. Na Cronje se oorgawe het De Wet die Vrystaatse Kommando’s herorganiseer. Hy pas strenger dissipline toe en vermy die oorlas van waens en families. Hy word aangestel as Bevelvoerder van al die Vrystaatse magte en tree op teen ‘n oormag Britse troepe met die toepassing van slaan-en-vlug guerillataktiek. Hoewel te eie-geregtig en ongenaakbaar om algemeen populêr te wees, het De Wet se kalm benadering en skynbare intuïtiewe bewustheid van situasies en terrein, van hom ‘n legendariese guerillaleier gemaak.

Na sy oorwinning by Roodewal onderneem hy ‘n lang maar onsuksesvolle tog na die Kaapkolonie, gevolg deur ontelbare jagte op ‘de wet’ en blokhuisjagte. Nieteenstaande toenemende Britse pogings het De Wet steeds gevangenisskap ontduik.

As tydelike waarnemende President van die Vrystaat, onderteken De Wet teensinnig die Vredesverdrag en besoek Europa daarna saam met De la Rey en Botha. Sy herinneringsbiografie ‘De stryd tusschen Boer en Brit’ is wyd en syd aangeprys. Na-oorlog is hy met tussenposes betrokke in politiek. Hy was vir ‘n kort rukkie ‘n kabinets minister van die Vrystaat, ‘n afgevaardigde van die Nasionale Konvensie en as lid van die Verdedigingsraad. Saam met hertzog het hy die Botha-Regering se oorlogsbeleid in 1914 teengestaan waarna hy oorgaan tot rebellie. Hy word gevangene geneem en tronkstraf opgelê(met ‘n seun wat gesterf het), maar ontvang later kwytskelding en tree af op sy plaas.

C. R. de Wet borsbeeld
C. R. de Wet skildery
   
Christiaan Rudolph deWet monument, Bloemfontein
Christiaan Rudolph deWet monument
Foto: Lorenzo Zucchi, Flickr, 2009
Foto: Hannes Jansen van Rensburg, Flickr, 2008
   
CR de Wet, gevange geneem 1 Desember 1914  
 
Foto: Hannes Jansen van Rensburg, Flickr, 2008  

 

bo-aan bladsy

Hoofblad