Oorwinningslied
1. Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer
Die Allerhoogste wat in liefde oor sy Koninkryk regeer
Hy’t belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer
Hy is Koning, Hy regeer!
Refrein:
Loof Hom, prys Hom! Halleluja!
Hy is Koning, Hy regeer!
2. Die Here is ons Vesting wat vir altyd sal bly staan
Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan
Hy’s ons skuiling, Hy’s ons wapen, Hy het die vyand reeds verslaan
Hy is die Rots wat ewig staan
Refrein:
Loof Hom, prys Hom! Halleluja!
Hy's die Rots wat ewig staan!
3. Kom deel nou in ons loflied hef jou hande op na bo
Blaas basuine, slaan op tromme en kom dans voor God se oë
Kom leef in die oorwinning van sy Woord waarin ons glo
Want sy Woord sal ewig staan
Refrein:
Loof Hom, prys Hom! Halleluja!
Want sy Woord sal ewig staan.
4. Ek glo dat Jesus Christus weer sy bruid gaan kom haal
Ek glo die Vader het al reeds die dag en uur bepaal
Ek sien al klaar die feestelike hemelbruilofsmaal
en die tafel met ons bruilofsmaal |