Nicolaas
Pieter Johannes van Rensburg (1862-1926) |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kunstenaar : Trienke
Louries |
|
|
|
|
|
|
|
Nicholaas Pieter Johannes van Rensburg is gebore op
Palmietfontein naby die distrik Potchefstroom op 30 Augustus 1862. Hier word hy
groot met sy sisters en broers. Omdat hy kleiner was as die res van die kinders
het hy homself tuisgemaak aan die voete van sy moeder en belangstellend
geluister na die stories uit die Bybel wanneer sy dit voorgelees het. Sy het
hoe verwagtinge gehad vir hom. Sy stuur hom vir skool op Rooipoort plaasskool
waar hy slegs vir 20 dae skool gegaan het. As wagter het hy sy Bybel saam
geneem om in die veld te lees. Hy was veral lief om die gedeeltes te lees van
die Profete. Van jongs af het hy al die gawe beskik om voorspellings te doen,
en sy moeder was verbaas.
Op die ouderdom van sestien neem hy deel aan
die straf ekspediese teen die Bantu Kaptein, Mapog. Daar kry hy malaria en
oorleef net-net.
Met sy oorweldige kennis van die Bybel word hy aangestel
op die ouderdom van 21 as 'n ouderling van die NG gemeente Wolmaranstad (1883).
Kort daarna tree hy in die huwelik met Anna Sophia Kruger op 8 Januarie
1884.
Na die uitbreek van die tweede Anglo-Boereoorlog in 1899 doen hy en
sy broer diens onder Generaal du Toit. Vroeg in die dae van die oorlog kry
hy beelde van die konsetrasiekampe van die Britte en die ontsteld hom so dat hy
terugkeer na sy plaas. Met die oorlog was hy nie eenkeer gevang, geskiet of
gewond nie.
Hierdie eenvoudige Boer het oor die gawe beskik om in die
toekoms te sien. Hy kon van sy beelde korrek uitle maar hyself kon ook van sy
ander beelde nie sin maak nie.
Asgevolg van hierdie God gegewe gawe het
familie lede, vriende en vreemdelinge van ver gekom sodat hy hulle kon help met
hulle probleme. Hy het hulle altyd met die grootste respek en neerderigheid
ontvang en geeneen wat besoek afgele het het teleurgesteld van hom weg gegaan
nie.
Nicholaas Pieter Johannes van Rensburg verlaat ons op 11 Maart 1926
op die ouderdom van 64. |
Erkenning: http://www.geocities.com/seunatw/Suid-Afrikaners_in_Taiwan.html