Dirkie Uys

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Verklarings

Dirkie Uys

Die datum is 10 April 1838. Die uur van beslissing het geslaan. Dit was nou of nooit. Piet Retief en sy klein kommando is uitgemoor tydens die onderhandelings met Dingaan, die koning  van die Zoeloes. Moord en verskrikking het hierop gevolg. Die Voortrekkers was op hul laaste.
Dit was nou die kwessie van oorleef. Hierdie strafekspedisie was meer as net dit. Die een wat verloor sou sy bakens moes versit.

Hendrik Potgieter sou sy mense lei, terwyl Piet Uys sy mense sowel as Gerrit Maritz en oorlede Piet Retief se mense sou lei. Sodoende het die kommando in twee verdeel.

Aanvanklik het die geveg in die Voortrekkers se guns geswaai. Die Zoeloes het op vlug geslaan en Piet Uys se kommando het hulle agtervolg. Deur die Italeni kom hulle die Zoeloes gevolg - reg in 'n lokval in.

Die Voortrekkers moes net uithaal en wys om hulself te verdedig. 'n Assegaai het egter vir Piet Uys noodlottig verwond. Hy was besig om te sterf en het sodoende die kommando vertraag. Kommandant Uys het hulle beveel om hom te los en te vlug.

Die Trekkers het op vlug geslaan, maar die jonge Dirkie Uys, seun van Kommandant Piet Uys, het geweier om sy vader alleen te laat.

Langs sy vader se sy, het hy geveg teen die Zoeloes. Later, toe hulle te naby vir hom was om weer sy geweer te herlaai, het hy met die kolf van sy geweer teen hulle baklei ...

Die kommando sou later bekend staan as die Vlugkommando, en het die laagtepunt van die Groot Trek beteken.

Die heldedood van Dirkie Uys, langs sy vader, sou egter na meer as 150 jaar na sy dood, nog steeds in die volksmond bly voortbestaan.

Foto: Senotaafsaal Voortrekkermonument  
 
This Dirkie Uys monument is situated in Church Street In Somerset West next to the railway on a very large 120x 132 metres plot between the NG Moedergemeente (1860) and the Pastorie nowadays a Guest House called "Die Ou Pastorie Gusthouse and Restaurant". The Oxwagon face the tradisional north and is protected by a one metre high stone bench built in the segments of an oxwagon outer wheel
The inscription read "Dirkie Uys 1838 - 1998"

Foto: http://public.fotki.com/SAgenealogie/monumente/monument_dirkie_uys_b.html besoek op October 17, 2010

 

bo-aan bladsy
Hoofblad / Web meester