KOMMANDANT PIET JOUBERT

Boere Kmdt. Piet Joubert gebore Petrus Jacobus Joubert is op 20 JANUARIE 1831 op Damaskus naby Prins Albert gebore en was naas Pres. Paul Kruger die gewildste figuur in die Zuid-Afrikaansche (Transvaalse) Republiek. As kind was hy deel van Piet Retief se trekgeselskap, maar op 16-jarige leeftyd het hy na Transvaal getrek. In die openbare lewe het hy vinnig opgang gemaak. In 1855 raak hy veldkornet, in 1865 Volksraadslid ('n amp waartoe hy reeds in 1860 verkies is maar nie kon aanvaar nie omdat hy nog nie 30 jaar oud was nie), in 1973 voorsitter van die Volksraad en in 1875 waarnemende Staatspresident. As Kmdt.Genl. voer hy die Boere aan by Laingsnek, Skuinshoogte en Amajuba. Hy is op 27 Maart 1900 in Pretoria oorlede.