Verlange - Toon van den Heever

www.boerafrikana.com: Tuisblad >

1st kolom

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Verlange

Die son daal in glorie; basuine
Steek op in die hemel van kleur
En knetter oor rotse en duine,
Wat die troos van sy taptoe verbeur;
Die klowe word pers en die hange,
Die bergtoppe bloos in hul‘ prag;
Die wind blus die gloed en maak gange
Van groen en smarag.

Maar gee my ‘n dag op die Hoëveld,
Waar ‘n wilkerboom druip oor ‘n voor,
Waar die rooi vesels spoel in die water
En die vinkneste wiegel daaroor.
Ek wil douspore trap op die kweekvlak,
Ek wil groen sien en skoon asemhaal;
Ek is sat van die dal van Giloam,
Waar net knoetsige boom’graamtes praal.

(C) TOON VAN DEN HEEVER

 

3de kolom
bo-aan bladsy
Hoofblad