|
Elizabeth Eybers |
www.boerafrikana.com: Tuisblad > Mense > Digters |
Elisabeth Françoise Eybers ( 16 Februarie 1915 – 1 Desember 2007) was 'n Afrikaanse digteres, en die eerste vrou om 'n Hertzogprys vir poësie te verower.
| Sy is gebore in Klerksdorp, in die Wes-Transvaal in Suid-Afrika. Haar pa was 'n NGK-predikant en haar ma was die prinsipaal van 'n meisieskool. Sy word groot in Schweizer-Reneke, en voltooi haar hoërskoolloopbaan daar. Sy studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand, en verkry ’n B.A.-graad (in die studie van moderne tale), wat sy met lof slaag. Daarna werk sy as joernalis. Sy dig aanvanklik in Engels (haar ma was Engelssprekend), maar debuteer op 21-jarige ouderdom met haar eerste bundel. Sy word geassosieer met die beweging bekend as die Dertigers. Sy trou in 1937 met die nyweraar Albert Wessels. Hulle het vier kinders. Die Wesselse skei in 1961, en sy trek na Amsterdam, waar sy tot met haar dood bly. Alhoewel sy Nederlandse burgerskap aanvaar, bly sy steeds in Afrikaans dig. Nietemin word sy ook as een van die belangrikste digters in Nederland beskou. Sy is tot dusver (2008) die enigste skrywer wat vir haar werk in 'n ander taal die gesogte Nederlandse P.C. Hooft-prys verwerf het. Haar werk word deur humor, ironie en selfspoterry gekenmerk. Die onderstaande gedig uit 2006 is aangehaal in haar doodsberig:
Haar belangrikheid in die Afrikaanse poësie is geleë daarin dat sy begin het om die vrou se ervaringswêreld -- die kennismaking met die liefde, swangerskap en geboorte, maar later ook besinnings oor die middeljare -- te beskryf. Verstegnies is Eybers lief vir metrum en rym, en gebruik die sonnetvorm dikwels. Sy sterf in Amsterdam aan hoë ouderdom. Toekennings
Bobliografie
. (af.wikipedia.org) |