Die vertrekkende wildeganse -

C.M. van den Heever

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Boere Mense >A frikaanse Digters > CM Van Den Heever

C.M. van den Heever (1902-1957)

Die vertrekkende wildeganse

Tot aan die ruigte-gladde waterkant
verglans die son se skuinse middagvuur,
om trillend oor die watervlak
in hierdie teer vertwyfelingsuur
’n oogwenk nog te duur –
’n oogwenk tot ’n vlerkgeklapper ruis,
die water, ru verras, sy rimpels plooi,
en swart figure oor die wye spieël
onrustige skaduwees gooi.
Dan uit die donker vleie styg
met hees geskreeu die pikswart ry,
en oor die rustig-diepe kuile reis
die ganse met hul heimweeroep verby,
verby na verre lugte waar die vuur
van weggekwynde sonlig
’n oogwenk bang nog duur …
al kleiner word die swart gedaantes,
en verder sterf die heimweeroep
die verre kimme oor,
en langs die wye land die hemele in
raak stil die ry met hul geskreeu verloor.

 

bo-aan bladsy
Hoofblad