Die Sterre - CM van den Heever

www.boerafrikana.com: Tuisblad >

1st kolom

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Sterre.

Die heel aand lank het ons gepraat,
gedelf in donker wysheidsmyn,
en telkens het die skoon gelaat
van waarheid verderweg geskyn.

Die heel aand lank het sku die hart
gehuiwer oor ‘n diepe see
en dof gevra: waarom dan smart
om in dié koninkryk te tree?

En om ons het daar fyn geswewe
die yle rook en diep geskyn,
soos ‘n gepuurde, reine lewe:
die sagte straling van die wyn.

En toe ons buite kom, bevry
opeens die hart hom van sy leed
en sien die sterre; skugter-bly
om in hul gang sy gang te weet.
C.M. VAN DEN HEEVER.

 

3de kolom
bo-aan bladsy
Hoofblad