AG Visser

A.G. Visser

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Musiek

Andries Gerhardus Visser is op 1 Maart 1878 op die plaas Zaaifontein, in die distrik van Fraserburg, Republiek van Suid-Afrika, gebore. 'n Groot droogte het sy ouers van hulle plaas in Carnavon afgedryf, en hy is in n tentjie op die werf van die plaashuis, onder die skaduwee van 'n peerboom gebore. Hy gaan skool in Daljosafat, (twee ander bekende skrywers, Totius en D.F. Malherbe is in dié tyd ook saam met hom op skool), ontvang opleiding in onderwys aan die Normaalkollege te Kaapstad, en studeer as geneesheer in Edinburg, Skotland, vanaf 1901 tot 1906. Hy werk as dokter te Carnarvon (1907-1909), Steytlerville (1909-1916) en Heidelberg (1916 – 1929). Hy word groot vriende met die digter Eugene Marais in die Heidelberg-jare. Hy trou twee maal, in 1913 met Lettie Conradie, oorlede in 1920; en in 1927 met Marie de Villiers. Hy sterf op 10 Junie 1929.

bo-aan bladsy
Hoofblad / Web meester