Bloedrivier Gelofte

DIE BLOEDRIVIER GELOFTE

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Die Gelofte

Gelofte

(Afrikaans)
 Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
 om 'n gelofte aan Hom te doen dat
 as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
 ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag
 soos 'n sabbat sal deurbring,
 en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig
 waar dit Hom behaag,
 en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
 nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
 want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.
 

Gelofte

(Nederlands)
 Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
 hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven,
 als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
 en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
 zullen, waar het Hem zou behagen;
 end dat wij het ook aan onzen kinderen
 zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
 delen, tot gedachtenis ook voor onze
 opkomende geslachten.
 Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.

 
Bloedriviergelofte
 

 

 

Op 28 November 1838 word Andries Pretorius gekies as hoofkommandant van die kommando wat later bekend sou staan as die Wenkommando, wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek. Hierdie was die tweede kommando wat op die been gebring is met die doel om die moord op die Piet Retief-geselskap asook die aanvalle op die laers by Bloukrans en Moordspruit te wreek. Die kommando het bestaan uit 467 Boere, 3 Engelse, asook 'n onbekende aantal swart- en kleurlingbediendes. Hulle neem 57 waens en een oskar saam.

Uit geskiedkundige bronne blyk dit dat die omstandighede vir die kommando so versleg het dat hulle besef het dat hulle net met die hulp van God hulle taak sou kon volbring. Op 9 Desember 1838 lÍ Carel (uitgespreek Sarel) Cilliers aan die Wasbankrivier namens die aanwesiges die eerste keer die Gelofte af. Dit word daarna by elke aandgodsdiens herhaal.

Op Saterdag, 15 Desember berig die verkenners dat die Zoeloemag naby is en trek Pretorius op 'n strategiese plek aan die Ncomerivier laer. (Die Trekkers sou later hierdie rivier Bloedrivier noem weens die bloed van die gesneuwelde Zoeloes wa die water rooi verkleur het.) Die Gelofte word die aand vir oulaas afgelÍ.

Die bewoording van die Gelofte word weergegee soos dit op die gedenkplaat op die slagterrein verskyn:

"Mijne broeders en medelandgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een Heilige God van hemel en aarde om een Belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons sal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen, en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen waar het Hem zou behagen, en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen dat zij met ons erin moeten delen tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven."

Op Sondag, 16 Desember moet die Boere slag lewer teen 'n Zoeloemag van ongeveer 10 000 man, volgens die betroubaarste skattings (dus 'n oormag van ongeveer 20 teen 1). Die uiteinde van die slag van Bloedrivier was dat meer as 3 000 Zoeloes sneuwel teenoor nie 'n enkele Boer nie (slegs 3 Boere, waaronder Pretorius, het wonde opgedoen). Dit maak die Slag van Bloedrivier nie net die grootste militÍre oorwinning op Suid-Afrikaanse bodem nie, maar verskeie gebeure rondom die slag kan uitgewys word wat dit na oorweging onmoontlik maak om nie God se ingryping in die gebeure te sien nie. Ook was die Slag van Bloedrivier die faktor by uitstek wat die sukses of faling van die Groot Trek bepaal het.

Bloedrivier

Bloedrivier monument

 

bo-aan bladsy
Hoofblad

www.boereafrikana.com