Kronologie van die Tweede Vryheidsoorlog

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Foto Album

1st column

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kronologie van die Tweede Vryheidsoorlog, ook genoem die 2de Anglo-Boereoorlog

met erkenning aan die skrywers onbekend

1899: Voorspel

31 Mei - 5 Jun Bloemfontein Konferensie Oranje Vrystaat

8 Sept

Britse Kabinet besluit om 10 000 man te stuur vir Natal se verdediging.

 

26 Sept

Penn Symons laat troepe optrek na Dundee.

Natal

27 Sept

Paul Kruger kommandeer Transvaal se burgers op, en oortuig Steyn om spoedig dieselfde in die Vrystaat te doen.

 

7 Okt

Britte mobiliseer '1st Army Corps' ens. White arriveer in Durban.

Natal

9 Okt

Kruger stuur ultimatum

 

1899: Oorlog


11 Okt

Ultimatum verstryk en die oorlog breek uit.

 

12 Okt

Slag van Kraaipan - eerste skote van die oorlog

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

14-16 Okt

Boere begin beleg van Kekewich in Kimberley en van Baden-Powell in Mafeking.

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

20 Okt

Penn Symons val aan by Talana. Muller gee oor.

 

21 Okt

Slag van Elandslaagte.

 

24 Okt

Slag van Rietfontein.

 

30 Okt

'Mournful Monday': Joubert uitoorlê White by Slag van Ladysmith (Modderspruit) en Carleton word gedwing om by Nicholson's Nek oor te gee.

 

31 Okt

Buller gaan by Kaapstad aan wal.

 

2 Nov

White se 'field forces' aanvaar beleg van Ladysmith.

 

15 Nov

Botha vernietig gepanserde trein tussen Frere en Chieveley.

 

22-3 Nov

Slag van Willow Grange.

 

23 Nov

Einde van Botha en Joubert se segetog suidwaarts in Natal in. Methuen se eerste geveg: Belmont.

 

25 Nov

Methuen se tweede geveg: Graspan.

 

26 Nov

Holdsworth, met die Linchwe-Afrikane, val die Boerelaer by Derdeport aan.

 

28 Nov

Methuen se derde geveg: Modderrivier.

 

7 Des

Hunter se nagaanval op die Long Tom wat Ladysmith beler.

 

10 Des

Gatacre se ongeluk by Stormberg.

 

11 Des

Methuen se terugslag by Magersfontein.

 

15 Des

Buller se eerste terugtrek: Colenso.

 

18 Des

Roberts aangestel om Buller op te volg as "Chief-in-Command" in Suid Afrika, met Kitchener
as Hoof van Staf.

 

26 Des

Baden-Powell se mislukte aanval op Game Tree Fort.

 

29 Des

Duitse posstoomboot Bundesrath onderskep deur Royal Navy.

 

1900:


6 Jan

Boere val Caesar's Camp en Wagon Hill (Platrand) aan by Ladysmith.

 

10 Jan

Roberts en Kitchener arriveer in Kaapstad.

 

24 Jan

Slag van Spioenkop

 

5-7 Feb

Vaal Krantz gevat en gelos.

 

11 Feb

Roberts begin groot opmars en nuwe strategie.

 

14-27 Feb

Buller se vierde poging om Ladysmith te ontset.

 

15 Feb

French ontset Kimberley.

 

18 Feb

Slag van Paardeberg.

 

27 Feb

Oorgawe van Cronjé by Paardeberg.

 

28 Feb

Buller ontset Ladysmith.

 

7 Maart

Slag van Poplar Grove. Kruger ontsnap.

 

10 Maart

Slag van Driefontein.

 

13 Maart

Bloemfontein word ingeneem.

 

15 Maart

Robert se eerste proklamasie: amnestie behalwe vir leiers.

 

17 Maart

Boere-Krygsraad by Kroonstad.

 

27 Maart

Dood van Joubert.

 

31 Maart

De Wet lei Broadwood in lokval by Sannaspos.

 

4 Apr

Oorgawe van Royal Irish by Reddersburg.

 

3 Mei

Roberts hervat opmars na Pretoria.

 

4 Mei

Mahon se ontsettingmag vertrek na Mafeking.

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

11 Mei

Buller hervat aantog.

 

12 Mei

Roberts beset Kroonstad, slaan Eloff se aanval op Mafeking af.

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

14 Mei

Buller uitoorlê Boere van Biggarsberg.

 

17 Mei

Mahon en Plumer ontset Mafeking. Einde van Beleg van Mafeking.

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

28 Mei

Anneksasie van Oranje vrystaat geproklameer: herdoop tot Oranjerivier Kolonie.

 

31 Mei

Roberts neem Johannesburg in.
Piet de Wet vang Spragge en Irish Yeomanry by Lindley.

 

1 Jun

Britte beset Lichtenburg

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

5 Jun

Roberts neem Pretoria in. Laat gevangenes vry.

 

7 Jun

Christiaan de Wet se sukses by Roodewal.

 

11-12 Jun

Slag van Diamond Hill (Donkerhoek)

 

12 Jun

Buller beset Volksrust.

 

11 Jul

Oorgawe van Scots Greys by Zilikaatsnek.

 

15 Jul

Steyn en de Wet ontsnap van Brandwaterkom.

 

21 Jul

Roberts begin aantog na Komatipoort.

 

31 Jul

Oorgawe van Prinsloo aan Hunter in Brandwaterkom.

 

14 Aug

Ian Hamilton kan nie De Wet se ontsnapping verhoed nie.

 

27 Aug

Buller verslaan Botha by Bergendal (Dalmanutha).

 

30 Aug

Vrysetting van laaste 2000 Britse gevangenes by Nooitgedacht.

 

6 Sep

Buller beset Lydenburg.

 

25 Sep

Pole-Carew bereik Komatipoort.

 

19 Okt

Kruger seil Frankryk toe op 'n Hollandse skip.

 

24 Okt

Buller seil na England.

 

25 Okt

Formele proklamasie in Pretoria van Transvaal se anneksasie.

 

6 Nov

De Wet verslaan by Bothaville.

 

29 Nov

Kitchener volg Roberts op as 'C-in-C' in Suid Afrika.
Roberts sou Wolseley as 'C-in-C' in Britanje opvolg.

 

13 Des

De la Rey en Smuts verras Clements by Nooitgedacht.

 

16 Des

Kritzinger gaan die Kaapkolonie binne.

 

1901:


27 Jan- 26 Maart

French se opmars in Oos-Transvaal.

 

31 Jan

Smuts beset Modderfontein.

 

10-28 Feb

De Wet se 'Inval' van die Kaapkolonie.

 

28 Feb

Mislukte vredesonderhandelinge tussen Kitchener and Botha op Middelburg.

 

2-3 Maart

De la Rey val Lichtenburg, sy tuisdorp, aan

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

10 Apr

Eerste dryfjag in Noord-Vrystaat begin.

 

8 Mei

Milner vertrek na England met verlof.

 

18 Jul

Eerste dryfjag in die Kaapkolonie noordwaarts.

 

7 Aug

Kitchener se proklamasie van verbanning vir Boereleiers gevang na 15 September.

 

12 Aug

Kritzinger uit die Kaapkolonie uitgedryf.

 

3 Sept

Smuts val die Kaapkolonie binne via Kiba Drift.

 

5 Sept

Scobell vang Lotter se kommando (Groenkloof).

 

7 Sept

Smuts breek "17th Lancers" by Elandsrivierpoort op.

 

17 Sept

Botha breek Gough se mag op by Bloedrivierpoort.

 

26 Sept

Botha val Fort Itala en Fort Prospect aan.

 

6 Okt

Botha ontsnap noordwaarts.

 

11 Okt

Teregstelling van Kommandant Lotter. Scheepers word gevang.

 

30 Okt

Benson gedood by Bakenlaagte.

 

7 Nov

Ian Hamilton aangewys as Kitchener se "Chief of Staff".

 

7 Des

"National Scouts" ingesweer.

 

16 Des

Kritzinger gevang.

 

23 Des

Kroonstad-Lindley blokhuislinie voltooi.

 

25 Des

De Wet vang Yeomanry by Tweefontein.

 

1902:


17 Jan

Scheepers tereggestel.

 

4 Feb

Slag van Gruisfontein

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

6-8 Feb

Nuwe dryfjag in Oos-Vrystaat. De Wet breek uit.

 

13-26 Feb

Tweede dryfjag in Oos-Vrystaat. Rawlinson se sukses.

 

7 Maart

De la Rey uitoorlê Methuen by Tweebosch/De Klipdrift.

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

24 Maart

Eerste dryfjag in Wes-Transvaal.

 

26 Maart

Dood van Rhodes.

 

31 Maart

Slag van Boschbult

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

11 Apr

Slag van Rooiwal (Roodewal)

Noordwes Provinsie
Sentrale Streek

12-18 Apr

Boere se vredesmag se eerste ontmoeting in Pretoria.

 

1-10 Mei

Laaste dryfjag in Noordoos Vrystaat.

 

6 Mei

Zulu-aanval op Holkrantz.

 

11 Mei

Einde van Hamilton se laaste dryfjag in Wes-Transvaal.

 

15-18 Mei

Eerste ontmoeting van Boere-afgevaardigdes in Vereeniging.

 

31 Mei

Finale ontmoeting in Vereeniging.
Ooreenkoms van Oorgawe geteken in Melrose-huis in Pretoria: VREDE

 

 

3rd column
bo-aan bladsy
Hoofblad