![]() |
Irene Konsentrasiekamp |
www.boerafrikana.com: Tuisblad > Foto Album |
Irene Konsentrasiekampkerkhof En Tuin van Herinnering Anglo-boereoorlog 1899-1902 |
||
Kampkerhof voor 1959 | Gedenktuin | |
![]() |
![]() |
|
|
||
Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) |
||
Die Irene Konsentrasiekamp Op 6 April 1901 het ‘n groep vroue van Pretoria ‘n verpleegsterskorps op die been gebring, onder wie Henrietta Armstrong, wat ‘n dagboek gehou het van haar wedervaringe. Hierdie dagboek is deur die RGN in 1980 gepubliseer, en die aanhalings in blokvorm in hierdie pamflet is uit haar dagboek aangehaal. Hierdie liefdesdaad het later ook gelei tot die stigting van die SA Vrouefederasie op 10 Oktober 1904. |
||
![]() |
||
Henrietta Armstrong was een van die hulpverpleegsters wat vrywillig in die kamp kom werk het om omstandighede te probeer verlig. Sy was van April tot Oktober 1901 in die kamp en het ‘n dagboek gehou van haar wedervaringe. |
||
Aankoms by die kamp |
||
Voedselrantsoene Rantsoene was ten alle tye onvoldoende. ‘n Week se rantsoen het bestaan uit 7lb meel, 4oz sout, 6oz koffie en 12oz suiker. Kinders het die helfte daarvan gekry. Melk, vars groente, seep, kerse en toiletware was skaars en slegs voorsien waneer die kampdokter dit as ‘n “medical comfort” voorgeskryf het. |
||
Die oorspronklike begraafplaas was net hopies klippe en nie almal het grafstene gehad. Met die verloop van tyd is van die grafstene verwyder en sommige het rondgelê. Dit het tot gevolg gehad dat spesifieke grafte nie identifiseer kon word nie. In 1958 het die Raad op Oorlogsgrafte op aandrang van die SAVF besluit om die begraafplaas in ‘n gedenktuin te omskep. Die oorspronklike handgekerfde grafstene, uit leiklip gemaak, is toe versamel en teen mure gemonteer. Om verdere verwering te voorkom, behoort die grafstene onder dak geplaas te word. Simboliese grafstene met die name in alfabetiese volgorde van die gestorwenes is toe opgerig. Die klip wat op die oorspronklike grafte was is gebruik om ‘n gedenkmuur en plaveisel te bou in die middel van die begraafplaas.. In 1968 is 35 kinders wat in ’n tweede begraafplaas begrawe was, in ‘n bogrondse grafkelder herbegrawe. Bykans ‘n duisend van die sterfgevalle was kinders jonger as 15 jaar. Die begraafplaas is vandag ‘n nasionale gedenkwaardigheid onder die beskerming van die SA Erfenishulpbronne-agentskap (SAEHA) |