Die Konsentrasie Kamp op Aliwal Noord is in Januarie 1901 geopen.
Die water van die kamp is met emmers uit die Oranje rivier geskep en aangedra deur die vrouens en was sodoende erg aan besmetting bloot gestel. Hierdie kamp het ook soos baie ander, ‘n baie swak sanitêre stelsel gehad. Daar was slegs een latrine vir 170 vroue en kinders!
Die kamphospitaal het ook ‘n tekort aan beddens ondervind wat sekerlik ook baie sterftes veroorsaak het. Met ‘n inwonertal van oor die 4,500 persone, was daar slegs een markies tent beskikbaar wat as hospitaal kon dien.
Die rantsoen voorsiening en die brandhout wat aan die mense gegee was om kos mee gaar te maak, was heeltemal onvoldoende. Die koffie rantsoen wat hulle gekry het, het die kinders siek gemaak en dan het hulle net ‘n halwe blikkie gekondenseerde melk gekry wat veronderstel was om ‘n hele week vir elke persoon te hou.
Daar was selfs in hierdie kamp nie eens genoegsame tente nie en party mense was verplig om onder die sterre hemel te slaap. Een van die dames wat in die kamp was het beskryf hoe hulle in hul komberse, wat baie maal sopnat was van die reën en party maal ook styf van die ryp, gebibber het van die koue.
Die meeste inwoners het van Rouxville, Smithfield en Zastron gekom.
Op 29 Oktober 1901 het die kampbevolking met 726 mans, 1622 vrouens en 2395 kinders, sy hoogtepunt bereik.
Die sterfte syfer van hierdie kamp was 712 persone, volgens rekords. Waarvan 166 persone bo die ouderdom van 15 jaar en 546 persone van onder die 15 jaar. Die gestorwe kamp inwoners van hierdie kamp se oorskot is op gegrawe en weer hier begrawe. Die oorspronklike grafstene is in die binne mure van die monument in gebou.
Na die vredesluiting het ‘n aantal krygsgevangenes tydelik op die kamp terrein gewoon, voordat hulle met hulle gesinslede huiswaarts gekeer het.
Die kamp is amptelik op die 28ste November 1902 gesluit.